17 Oktober 2016
Beste Ouers en Karateka
re: GRADERING OKTOBER / NOVEMBER 2016 – WELGEMOED DOJO
Dit is al weer tyd vir die Oktober / November gradering. Ek wil graag hê dat die karateka aanhou om hard te oefen en die klasse gereeld by te woon.
Ons tweede gradering van diè jaar vind plaas gedurende OKTOBER /NOVEMBER by die WELGEMOED DOJO, langs die Bellville Gholfbaan.
Die gordels werk soos volg:
• 12de Kyu ROOI gordel 11de Kyu het ‘n oranje strepie op gordel Bogemelde gordels is slegs vir voorskoolse karateka;
• 10de Kyu – Oranje gordel 9de Kyu Wynrooi gordel
• 8ste Kyu – Ligte blou gordel 7de Kyu Donker blou gordel
• 6de Kyu – Geel gordel 5de Kyu Pers gordel
• 4de Kyu – Ligte groen gordel 3de Kyu Donker groen gordel
• 2de Kyu – Bruin gordel 1ste Kyu Bruin gordel met Goue streep Daarna volg die tien (10) swart gordels (Dan).
VOORSKOOLSE KLEUTERS:
Omdat kleuters se konsentrasievermoë beperk is,en nie so vinnig gradeer nie sal hulle eers vir ‘n ROOI GORDEL (12de Kyu) grader. Die tweede gradering is ‘n oranje strepie op die Rooi Gordel (11de Kyu).
Karateka moet asseblief reeds in ‘n skoon karate-gi(uniform) geklee wees (en nie by die dojo kom aantrek nie – spasie is beperk). Karateka moet 10 minute vroeg opdaag sodat u kan aanmeld en skriftelik registreer by die toonbank en u graderingsfooi betaal. DIE GRADERINGSFOOI MOET BY DIE GRADERING BETAAL WORD.
Gordels is NIE by die graderingsfooi ingesluit nie en is te koop teen R50,00 elk.
Skakel my kantoor asseblief betyds indien die datum u nie pas nie, sodat ‘n alternatiewe datum en tyd aan u verskaf kan word. Ouers & familie is welkom om die gradering by te woon en mag gedurende die graderings foto’s en videos neem. Daar sal ook ‘n professionele fotograaf by al die graderings wees om fotos van u kind saam met die instrukteur af te neem. Ek doen asseblief ‘n beroep op alle ouers en kinders om hulle skoene uit te trek voordat hulle die houtvloer in die dojo betree. By voorbaat dank vir u samewerking.
Ons winkel het ‘n verskeidenheid van Kyokushin karate klere en ander toerusting te koop. Familie en vriende mag ook ons klere dra – dit is nie net beperk tot die karateka nie. Die gekleurde gordels en karate uniforms sal ook beskikbaar wees. Die pryse van die uniforms is vanaf R370 afhangende van die grootte. Blaai asseblief om vir die graderingsrooster .
Karate Groete
HENNIE BOSMAN – 7de DAN
VOORSITTER: KYOKUSHINKAN AFRIKA